Internet Dienste SA se moedermaatskappy is SA Internet News Group cc en eintlik 'n internet bemarkignsbesigheid.

Die webwerf bergings diens afdeling was meer as 10 jaar gelede gestig om webberging te verskaf vir ons groot aantal webwerwe na ons van die een internet dienverskaffer na die ander is weens probleme en was so suksesvol en baie beter dat ons die diens ook aan ons gewone kliente beskikbaar gestel het en baie van daardie kliente berg hulle webwerwe na 10 jaar nog steeds by ons en dit se baie.

Ons doelwit is eenvoudig en dit is om jou soveel as moontlik te help om aanlyn sukses te behaal en webberging is bloot 'n hulpmiddel om daardie doelwit te bereik.

Omdat ons nie 'n ware "Web Hosting" besigheid in die volle sin van die woord is nie kan ons jou eintlik nog beter help en bedien want ons is in presies dieselfde bootjie - ONS benodig uitstekende en probleemvrye webberging om ONS webwerwe ten beste te ondersteun en te benut.

Presies wat ons as internet bemarkingsbesigheid met talle webwerwe benodig en verreis, wereld klas bedieners en infrastruktuur, is presies wat ons ook aa ons kliente verskaf.

Asgevolg van bogemelde kan jy verseker wees dat ons nie bloot in die bergingsindustrie is om geld daaruit te maak nie maar ernstig is daaroor omdat onsself ook op die diens staatmaak.

Webwerf Berging is 'n hulpbron

Van ons perspektief is webberging 'n hulpbron, 'n waarde toevoegende diens met die primere doelwit om ondersteuning te verskaf aan die strewe om 'n suksesvolle aanlyn teenwoordigheid te bou en dit optimaal te benut tot voordeel van die besigheid.

Dit is soos petrol wat 'n voertuig aandryf en nie so belangrik is soos die voertuig self nie maar wat wel saakmaak is dat die petrol nie net die nodige kwaliteite beskik om die voertuig aan te dryf nie maar ook in staat is om addisionele waarde en voordele aan jou voertuig te verskaf.

Dit is presies wat ons webberging doen want anders as feitlik enige ander plek wat bedieners beskikbaar stel en dit is dit, voeg ons talle addisionele ekstras by wat onsself met ons baie webwerwe benodig en ons kliente kan dit dan ook gebruik en daarby baat sonder enige ekstra koste.

Nou weet jy wat om te verwag

Uitstekende webberging met die wete dat ONS baie beslis deeglik na ons bedieners kyk, probleme tot die minimum beperk is en die bedieners alles het wat nodig is om 'n suksesvolle aanlyn teenwoordigheid te bou.

Nie omdat bogemelde "gladdebek bemarking" is nie maar eenvoudig omdat onsself 100% op dieselfde diens staatmaak as wat ons aan ons kliente aanbied.

Nota

Hierdie Afrikaanse webwerf was maar eers baie onlangs opgestel (26/9/2016) en daar is nog baie dinge wat vertaal moet word. Ekself, die eienaar, is Afrikaans sprekend en DOOF so ek het besluit om weer met Afrikaanse webwerwe te begin. (Daar was heelwat baie jare terug maar dit het gaandeweg opgehou) - Die oorspronklike Engelse webwerf is by www.cyberage.co.za