Integreerde Bemarking Webwerf
Integreerde Bemarking Webwerf

Wanneer jy 'n webwerf bergingspakket bestel kry jy outomaties 'n ekstra webwerf met die doel om jou besigheid, produkte en dienste te adverteer met ons unieke bemarkingstelsel.

Ons het dit so maklik as moontlik gemaak om jou eie webwerf te bou en jy het nie enige tegniese kennis nodig nie.

Die webwerf het 'n kragtige uitleg met responsiewe funksionaliteit wat by enige skerm grootte kan aanpas. Lyk ekstra skerp op retina skerms en alle retina icons, fonts en prente is geoptimiseer vir maksimum visualiteit.

Soek Engin Optimisering (SEO) is ook nie uitgelaat nie en die stelsel beskik oor verskeie SEO tegnieke om jou webwerf hoer te lys op soek enjins.

Die normale plek vir jou bemarkingswebwerf is onder www.saweb.biz/JOUWEBWERF maar jy kan dit ook gebruik as jou hoofwebwerf onder jou eie domein naam.

Die bemarkingswebwerf is geintegreer met ons bemarkingsgroep en jou kan jou webwerf, inhoud en aanlyn bemarking van die selfde klient kontrole paneel beheer.



Integreerde Inhoudsbeheer Stelsel
Integreerde Inhoudsbeheer Stelsel

Inhoud is Koning, Inhoud is die geldeenheid van die internet en die waarde van jou aanlyn eiendom hang heeltemal af van die waarde van jou inhoud. (Die media, internet reuse en amper alle internet miljoenere het hulle rykdom gemaak met INHOUD en as jy daardie inhoud wegneem sal hulle oornag invou. Sal jy Faceboek of Google gebruik as daar nie enige pos of soek resultate is nie?)

Ondanks dit is daar feitlik geen werklike inhoudsbeheer stelsels beskikbaar nie want met selfs die baie "content management systems" (CMS) soos byvoorbeeld Wordpress is die fokus op die webwerf en stelsel en NIE op die INHOUD self nie en met verskillende webwerwe en dinge is die totale inhoud versprei oor dosyne verskillende en aparte stelsels.

Met ons Geintegreerde Inhoudsbeheer Stelsel is die hoofdoelwit om jou instaat te stel om jou inhoud te bou en te beheer van een sentrale plek.

Jy moet onthou en verstaan dat INHOUD die GELDEENHEID is van die internet en bepaal jou uiteindelike sukses of mislukking en jy kan nie jou "geldsake" behoorlik en doeltreffend beheer as jy dosyne beursies het wat orals rondle nie.

Vir meer inligting: SA Web Biz



Geintegreerde Bemarking Groep
Geintegreerde Bemarking Groep

Op die oomblik nie so goed soos dit klink nie omdat ons besig is om ons bemarkingsgroep te herbou en dit in stappe sal her-integreer maar niks keer jou om om solank jou eie webwerf gereed te kry nie.

10+ Jaar gelede het ons begin met omtrent 70 bemarking webwerwe wat gaandeweg gegroei het na meer as 300 en ons hoofdoelwit wat en is altyd dat ons, ja ONS en dit sluit jou in, die groep gebruik om ons individuele besigheide gratis te bemark.

Die baie verskillende stelsels en gebrek aan INHOUD vir so 'n groot groep was egter problematies so ons het alles afgehaal om te herbou en ons strategie te verander.

Wat ons gedoen het is om 'n sentrale beheerstelsel te bou vanwaar alles beheer kan word en werk nou andersom waar ons EERS voldoende inhoud vir elke bemarkingswebwerf wil bekom voordat ons hom aktiveer.

Ons leuse is "Dit is JOU groep" en al wat jy nodig het om te doen is om JOU webwerf te bou met goeie kwaliteit inhoud, iets wat jy inelkgeval behoort te doen, en gebruik te maak van ons onderskeie dienste en geleenthede en ons en die stelsel sal vir die res sorg om jou besigheid en alles te bemark.

Hoe meer jy daarvan gebruik maak en hoe meer kliente jou navolg, hoe groter is die bemarkingskrag en hoe meer bevoordeel dit jou en elkeen wat betrokke is.